Tuesday, 26 June 2007

Toe Smokkel Steve Hofmeyer met my kop.......

Anderdag, so teen sonsonder, sit ek by by gunseling watergat met die ander diere van die kontrei en ontspan.
Die musiek wat hier gespeel word is meestal die van die jonger diere wat nog hul bakens moet afmerk.
Anyhow, gedurende die proses het die Bardier nogal lekker musiek laat speel. Toe dit klaar is se ek ewe windgat " Jy het lanklaas iets ordentelik gespeel, jy moet meer Niel Diamond speel"
Antwoord wat ek kry?
" Dis nie Niel Diamond nie, dis Steve Hofmeyer"
" Moenie K%K praat nie BOET, ek ken my Niel Diamond. Ek het Niel Diamond geluister toe jy nog 'n blink gedagte in jou pa se oe was, toe daai Captain Morgan wat jy verkoop nog 'n Korporaal was. Gaan kyk jy daaragter en dan sal jy sien jy het goed omgeruil...poepol"
Toe gaan haal hy die bewys...
Toe sien ek my gat...
Steve Hofmeyer kan Niel Diamond sing.

No comments: